Groot risiko vir verdrinkings, veral in landelike gebiede

Met die Desember vakansie op hande waar baie Namibiërs kus toe gaan word vakansiegangers daaraan herinner om ook veiligheid voorop te stel by enige damme of riviere. Gedurende skoolvakansies raak verdrinkings ‘n groot probleem in nedersettings, waar daar geen lewensredders is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Martin Muyenga van Monarch Lifegaurd and Rescue, wat veiligheidswenke deel.