SARB span KI in

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek die moontlikheid om Kunsmatige Intelligensie in te span om sy vermoë met ekonomiese voorspellings te verbeter en interne prosesse te stroomlyn. News24 berig president Lesetja Kganyago sê KI kan ekonomiese voorspellings bespoedig, wat die bank meer doeltreffend sal maak. Kganyago het verwys na banke wat KI gebruik om tot 85-persent akkurate besluite van die Monetêre Beleidskomitee te voorspel. Die Reserwebank oorweeg ook die breër impak van KI op die ekonomie, veral sy vermoë om die groei van produktiwiteit ’n hupstoot te gee.