Shikongo vra beter beskerming van sekuriteitskluster 

Luitenant-generaal Joseph Shikongo het tydens ‘n toespraak by ‘n konferensie van die Veiligheidsvereniging van Namibië vroeër vanjaar die eienaars van sekuriteitsmaatskappye aangemoedig om vir hul werknemers te sorg deur hul veiligheid te verseker by die eiendomme wat hulle beskerm. Dit was in die lig van sekuriteitswagte wat dikwels hul lewens aan diens verloor, met die mees onlangse geval ‘n 58-jarige wag wat in ‘n plas bloed gevind is. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Zack Itodo gesels.