Droogte se verwoesting in graan-invoere gesienNovember 14, 2024

Die waarnemende hoofveeartsenybeampte in die landbouministerie, dr. Johannes Shoopala, het die verwoestende gevolge van die droogte by die Bank Windhoek Landboureeks 2024 gedeel. Volgens Shoopala was mielie-invoere dubbel dié van verlede jaar. Die Nasionale Statistieke-agentskap het berig dat mielie-invoere in die tweede kwartaal 402,1 miljoen Namibiese dollar beloop het, koring-invoere 232,6 miljoen dollar en rys-invoere 7 miljoen dollar. Shoopala is aan die woord.