Spazawinkels se standaarde moet verhoog wordOctober 14, 2024

Die president van die ACDP, Kenneth Meshoe, verwerp die voorstel van die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, dat verbruikers die registrasie van spazawinkels moet verifieer. Dit volg na vyf kinders in Soweto dood is nadat hulle lekkernye van ‘n spaza-winkel geëet het. Meshoe sê die regering moet standaarde vir gesondheid en veiligheid verseker, nie die publiek nie. Meshoe waarsku Ntshavheni se opmerkings kan tot onnodige konflik aanleiding gee en versoek staatsdepartemente om behoorlike inspeksies uit te voer en regulasies toe te pas.