SpaceX maak geskiedenisOctober 14, 2024

SpaceX-ingenieurs het iets bereik wat nog nooit tevore gedoen is nie. Eerder as om die Starship-vuurpylstelsel se Super Heavy-versterker in die see te laat land, soos tipies is, het SpaceX daarin geslaag om dit te vertraag vanaf snelhede van meer as 27 350 km/h, dit saggies terug te lei na die lanseerplatform en dit in ‘n paar reuse meganiese arms te vang. Dit is nie net ‘n stap vorentoe vir die maatskappy nie, maar vir die ruimteverkenning-veld. Om die versterker vas te vang, en dus te hergebruik, het die potensiaal om die koste van toekomstige reise aansienlik te verlaag. Luister na die Space X-beheerkamer terwyl die versterker daal.