Air Botswana se vlugte na Windhoek vir nou vertraagOctober 14, 2024

Air Connect Namibia het ‘n vertraging aangekondig in Air Botswana se beplande bekendstelling van aansluitingsvlugte tussen Gaborone en Windhoek. Voorsitter Bisey Uirab belowe ‘n spoedige nuwe bekendstellingsdatum en vra om verskoning vir die ongerief. Uirab het egter bevestig dat FlySafair en die Suid-Afrikaanse Lugdiens se nuwe vlugte voortgaan soos beplan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy, wat meer inligting gee.