UDF stel manifes vry, beloof veranderingOctober 13, 2024
Verkiesingkoors laai op en verskeie politieke partye het die naweek byeenkomste gehou. Die United Democratic Front het sy manifes in Otjiwarongo vrygestel. UDF president Hendrik Gaobaeb het verklaar dat die winde van verandering waai en sy party is gereed om transformasie na die land te bring deur sleutel-maatskaplike uitdagings aan te spreek. Hy belowe waardige behuising, gesubsidieerde water en elektrisiteit, en ‘n 500 Namibiese dollar basiese inkomstetoelaag vir elke behoeftige Namibiër. Gaobeb is aan die woord.