Mboweni altyd oop vir sterk, eerlike gesprekke: EFFOctober 13, 2024

Die EFF sê hy sluit hom aan by die nasie in rou oor die verlies van die voormalige Reserwebank-president, en minister van Arbeid en Finansies Tito Mboweni. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê hoewel hulle soms nie saamgestem het met die voormalige minister oor beleidskwessies nie, en verskil het van sy neo-liberale en ortodokse benadering tot ekonomiese beleid, was Mboweni altyd bereid om sterk, eerlike en intellektuele gesprekke te pak. Sy sê ondanks die verskille, het hy nie weggeskram van betrokkenheid by heftige debatte nie.