Manifeste sien gestremdes oor die hoof: SheehamaOctober 13, 2024
Namibiërs met gestremdhede word deur politieke partye en hul manifeste oor die hoof gesien, ten spyte van hul beduidende bydraes tot die samelewing. Hierdie uitsluiting lei tot gevoelens van marginalisering en diskriminasie binne die gemeenskap. Dit is die mening van die bekende ekonoom, Josef Sheehama, wat gestremd gelaat is na ‘n ongeluk op 12-jarige ouderdom. Kosmos 94.1 Nuus het met Sheehama gesels, wat uitbrei.