Internasionale lasbrief uitgereik vir oud-Aus rugbysterOctober 13, 2024
’n Internasionale lasbrief vir inhegtenisname is uitgereik vir die Australiese oud-rugbyster Rocky Elsom ná ’n skuldigbevinding aan verduistering in Frankryk. Die voormalige kaptein van Australië se nasionale span was president van RC Narbonne, een van die land se mees gesogte klubs, in 2015 en 2016. Die Franse hof het Elsom skuldig bevind aan die misbruik van korporatiewe bates en die vervalsing van dokumente, asook wanbesteding van meer as 13 miljoen Namibiese dollar. Hy is in absentia vyf jaar tronkstraf opgelê, volgens Franse media.