AfriForum sê polisie moet hulself regrukOctober 13, 2024

AfriForum vra die polisie om aandag te gee aan die onbetroubaarheid van hulle misdaadstatistieke en ook aan dienslewering by polisiekantore. Die woordvoerder van AfriForum, Jacques Broodryk, sê die ouditeur-generaal het in haar verslag verskeie gevolge uitgelig van onbetroubare misdaadstatistieke. Dit sluit in onakkuraatheid en onvolledige insameling van aanklagte en slagoffers se besonderhede, wat afbreuk doen aan misdaadstatistiek en dit moeilik maak om doeltreffende misdaadvoorkomingsmaatreëls te ontwikkel en bronne na behore toe te ken.