Chinese markte styg skerp
Chinese aandele het Maandag tot hul grootste eendag-stygings in 16 jaar opgeskiet, met binnelandse A-aandele wat hul hoogste omset ooit geregistreer het. Dit kom terwyl beleggers skarrel om by ‘n vuurwarm lopie aan te sluit wat veroorsaak is deur Beijing se jongste reeks stimulusmaatreëls. Die CSI300-indeks het meer as 25 persent geklim, sy sterkste vyf-dag-wins op rekord. Die Sjanghai Saamgestelde Indeks het ‘n totale omset van 166,84 miljard Amerikaanse dollar aangeteken en met 8,1 persent geklim. Die indeks het in die laaste vyf dae met 21,4 persent gestyg, die sterkste sedert 1996.