Waar is regering in vestiging van kunsmisproduksie?

Reaksie word ontvang op die Bank van Namibië wat ‘n nasionale kunsmisproduksiestrategie bepleit. Dit is om Namibië se afhanklikheid van duur invoere te verminder en landbouproduktiwiteit te verbeter. In 2018 reeds het Thomas Abanga van Abanga Farms and Food Systems gesê hulle is besig om ‘n kunsmisfabriek op te rig, maar daar het nog niks van gekom nie. Daar is volgens kenners baie uitdagings met kunsmisproduksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gesels, wat die regering se gebrek aan pogings om kunsmisproduksie te vestig bevraagteken.