Lugvaart mik vir groen

Die Internasionale Lugvervoervereniging het planne aangekondig om ‘n volhoubare stralerbrandstof-platform te skep wat lugrederye met stralerbrandstofvervaardigers verbind. Die vereniging beoog om teen 2050 die aanvaarding van volhoubare stralerbrandstof ‘n noodsaaklike deel van die vermindering van koolstofdioksieduitstralings te maak. Verder word daar verwag dit sal konnektiwiteit, sigbaarheid en doeltreffendheid verbeter deur beskikbare brandstofvolumes, produksiebesonderhede en uitstralingsdata aan te toon. Die vereniging sê dit sal die lugvaart se ontkolingspogings bevorder.