Brandweerman in Kalifornië stig 5 vure
’n Brandbestryder van Kalifornië is gearresteer en daarvan beskuldig dat hy vyf brande in die deelstaat se wynland gestig het, selfs terwyl sy mede-brandbestryders brande bestry wat byna ’n miljoen hektaar vernietig het. Robert Matthew Hernandez, ‘n 38-jarige brandweerapparaat-ingenieur is daarvan beskuldig dat hy vyf brande gestig het terwyl hy afdiens was. Die brande in die berge rondom Los Angeles het meer as 230 huise en ander strukture vernietig, en tienduisende mense gedwing om te ontruim.