Beesvleissektor uiters belangrik maar, daar is uitdagings
Namibië se beesvleiswaardeketting is ‘n beduidende bydraer tot die land se landbousektor en ekonomie. Namibië, wat bekend is vir sy hoë-gehalte, gras gevoerde beesvleis, het ‘n mededingende voordeel in die internasionale mark. By die Bank of Namibia se jaarlikse simposium het sleutelrolspelers in die bedryf bymekaargekom om landbou in die land te bespreek. Emma Haiyambo, die direkteur van navorsing en finansiële sektor-ontwikkeling by die Bank van Namibië, het haar departement se bevindinge oor die uitdagings wat die sektor in die gesig staar, uitgelig.