Mashatile is in goeie gesondheid
Die presidensie sê adjunkpresident Paul Mashatile is in goeie gesondheid en rus tuis. Hy het Saterdag ineengestort toe hy by die N’wamitwa-dagvieringe in Tzaneen, Limpopo, die hoofrede gelewer het in hitte van 36 grade Celsius. Mashatile se waarnemende woordvoerder, Keith Khoza, het Suid-Afrikaners bedank vir hul ondersteuning en gebede vir die adjunkpresident: