Kiwi-stut beseer, loop dalk Bledisloe mis
Dit lyk of die stut van die All Blacks Fletcher Newell beide Bledisloe-bekertoetse teen Australië dié maand gaan misloop weens ‘n kuitbesering. Hy is beslis uit Saterdag se kragmeting in Sydney, en sal weer ondersoek word voor die herontmoeting in Wellington op 28 September. Die Nieu-Seelandse beheerliggaam sê Newell het die besering opgedoen in hulle wedstryd teen die Springbokke in Kaapstad, wat Suid-Afrika met 18-12 gewen het.