IPC kondig parlementêre kandidate aan
Die IPC sal vandag by hul verkiesingskonferensie die name van die gekose voornemende parlementêre lede bekend maak. Die pot sal uit 96 lede bestaan, wat uit 122 afgevaardigdes verkies is. Die lys sal opgestel word volgens die meeste stemme wat ingesamel is en wie eerste plekke in die parlement sal kry as die party tot regering verkies word. IPC vise-president Trevino Forbes het die lede wat ‘n kans staan aangemoedig om vir die land en mense te werk.