Windhoek se water is veilig, al is dit bruinSeptember 10, 2024
Die Stad Windhoek het verskeie planne om inwoners steeds van water te voorsien, te midde van die voortslepende droogte en lae damvlakke. Dit sluit in om boorgatwater te gebruik en waterbesparingsmaatreëls af te dwing. Inwoners in Windhoek-Wes, veral Cimbabasia, kla nou oor donkerbruin water wat uit hul krane kom en beweer dit is nie geskik vir menslike gebruik nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, die Stad se woordvoerder, wat sê die water is waarskynlik boorgatwater en veilig om te drink.