Kiwi-breier in die sop by die huisSeptember 10, 2024

Hoofafrigter Scott Robertson verwag moeilike vrae tuis na die All Blacks se rampspoedige besoek aan Suid-Afrika. Die eens gevreesde span het nou vier wedstryde agtereenvolgens teen die Springbokke verloor en is tans in ʼn ongekende derde plek op die Rugbykampioenskapspunteleer. Die Kiwi’s het ook onverwags in hulle eerste wedstryd in die kompetisie teen Argentinië verloor. Volgens Robertson was Saterdag se toets in Kaapstad ʼn fantastiese wedstryd. Hy het die wêreldkampioene gelukgewens en sê hulle weet hoe om dinge te doen.