Inflasie dalk laer maar Khomas het deurgeloopSeptember 10, 2024
Inflasie vir Augustus is 4,4 persent aangeteken, af van 4,6 persent in Julie. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit is ook ‘n afname van die 4,7 persent wat verlede jaar in Augustus gemeet is. Inwoners van Khomas het geen verligting gekry nie met inflasie in die streek, bekend as sone 2, op 5,4 persent gemeet. Sones 1 en 3, die noordelike streke en die Suide met Omaheke en Erongo, het 3,9 persent inflasie ervaar.