Aussie-polisie soek na man wat koffie op baba uitgooiSeptember 10, 2024

Die Australiese polisie het met ’n internasionale soektog begin na ’n man wat glo warm koffie op ‘n baba van nege maande gegooi en ernstige brandwonde veroorsaak het. Paul Dalton van die Queensland-polisie sê die 33-jarige verdagte is landuit. Die baba was laat-Augustus by ʼn gesinspiekniek in ʼn park in Brisbane, toe ʼn onbekende reisende arbeider kokende koffie oor sy gesig en lyf gegooi het. Die polisie is in die duister oor sy motief en die aanvaller is onbekend aan die gesin.