As Swapo N$17m kan insamel, kan armes en hongeres ook gehelp wordSeptember 10, 2024
Swapo het na wat berig word 16,2 miljoen Namibiese dollar by sy gala-dinee ingesamel, asook 1,1 miljoen dollar by ‘n veiling. Dit kom na sy sekretaris-generaal Sophia Shaningwa in hofstukke uiteengesit het dat die party nie fondse het om die nodige buitengewone kongres te hou na die afsterwe van Hage Geingob nie. Die gala-dinee is skerp gekritiseer op X, met woedende Namibiërs wat vra hoe die party sulke uitspattige funksies kan hou wanneer die regering internasionaal geld bedel vir voedselhulp. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Simon Amunime gesels.