Amerikaners kan nie appelleer nieSeptember 10, 2024

Die twee Amerikaners Marcus Thomas en Kevan Townsend sal hulle 30 en 29 jaar vonnisse moet uitdien. Dit kom na verlof tot appèl geweier is. Die twee is verlede jaar skuldig bevind aan die moord op die Namibiër André Heckmair in 2011. Heckmair is in ‘n stil straat in Klein Windhoek met ‘n enkele kopskoot vermoor. Sy lyk is in sy voertuig ontdek. Die twee het elk ‘n lang lys redes aangevoer maar regter Christie Liebenberg sê nie een van hulle redes sal ‘n hof tot ‘n ander gevolgtrekking as syne lei nie.