Jack Draper uitgeskakel by Flushing MeadowsSeptember 7, 2024

Die 25ste gekeurde Brit, Jack Draper, het by die Amerikaanse Ope met 5-7, 6-7, 2-6 teen Jannik Sinner van Italië verloor in sy eerste halfeindstryd in ʼn Grand Slam-toernooi. Hy is die vierde Britse man in die Ope-era om ‘n halfeindstryd by Flushing Meadows te haal. Dit was warm en bedompig in New York en albei spelers moes gedurende die wedstryd behandeling ontvang. Hulle is groot vriende en was verlede maand dubbelspelmaats by die Kanadese Ope. Sinner mik Sondag na sy tweede groot kampioenskapstitel wanneer hy teen die Amerikaner, Taylor Fritz, te staan kom.