Breyton Paulse gesels met Kosmos-luisteraars oor die rugby…September 7, 2024
Die spanning loop hoog vir vanmiddag se Rugby Kampioenskapswedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad. Die Bokke het laasnaweek in Johannesburg met 31-27 gewen en daar is baie op die spel vanmiddag. Oud-Bokspeler en nou rugbykommentator Breyton Paulse het sy mening oor die wedstryd spesiaal met Kosmos 94.1 se luisteraars gedeel.