Vind liefde met ‘n onderstebo pynappel by die wynrak…
Daar’s in nuwe gier in Spanje om liefde te vind. Dit werk so: Jy besoek ‘n kruidenierswinkel tussen sewe en agt in die aand, plaas ‘n onderstebo pynappel in jou waentjie en wag in die wyn-afdeling. As jy van iemand hou, wat ook ‘n pynappel in die waentjie het stamp jy teen hulle waentjie en as hulle terugstamp, dan is die koeël sekerlik deur die kerk? Die gier word op TikTok versprei en het al veroorsaak dat owerhede ingeroep is na winkels oorweldig is…