Polisie moet skiet om te oorleef: MashatileSeptember 6, 2024

Suid-Afrika se adjunkpresident Paul Mashatile sê alhoewel die polisie opgelei word om te beskerm, moet hulle hulself in geweldsituasies kan verdedig. Hy het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Daar was veral in KwaZulu-Natal ʼn skerp toename in voorvalle waar die polisie verdagtes doodgeskiet het. Mashatile sê die regering hersien wetgewing om seker te maak die polisie word nie gekeer om in sulke situasies op te tree nie.