Namibië senior vrouespan in kwarteind by Inlyn-skaats Hokkie WêreldkampioenskapSeptember 6, 2024
Namibië se senior vrouespan is deur na die kwarteindronde by die Inlyn-skaats Hokkie Wêreldkampioenskap in Italië. Hulle het in die barrage-afdeling Groot Brittanje met 4-0 geklop en Colombië 4-1 getroef om te kwalifiseer. Hulle sal Amerika takel in die kwarteindronde, met die wedstryd wat om 8-uur vanaand gespeel word.