Loodsprojek vir afvalopruiming in SA ‘n suksesSeptember 6, 2024
Die suksesvolle voltooiing van ‘n proefprojek vir die opruiming van klerasie-, teksiel-, skoeisel- en leer-afval skep ‘n geleentheid vir soortgelyke veldtogte. Die projek, onder bestuur van die Nasionale Sentrum vir Skoner Produksie, het 1 800 ton se onwettig ingevoerde produkte herwin. Die projekbestuurder, André Page, sê die model waarop die projek geskoei is, is gemik op werkskepping en die vermindering van afval, en bied ‘n geleentheid vir die Inkomstediens en die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om die probleem van onwettige goedere te takel.