Kreatiewe bedryf se plek in nasiebou erkenSeptember 6, 2024
Die eerste Namibiese Kunste-beraad ooit is aan die gang by die Nasionale Teater van Namibië. Die beraad is daarop gemik om kreatiewes en entrepreneurs in werkswinkels bymekaar te bring om hul vaardighede en kundigheid te verbeter. Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het in die hooftoespraak die belang van die kreatiewe bedryf in nasiebou erken. Sy beklemtoon die waarde van kultuur en erfenis, en hul bydrae tot die land se ontwikkeling en ekonomiese groei.