Verklaar oorlog op misdaad – MaimaneSeptember 4, 2024
Build One South Africa eis ʼn oorlogsverklaring teen misdaad en wys op die ondoeltreffendheid van die polisie om stygende misdaad-bedrywighede hok te slaan. Volgens die party is 500 moorde per week en slegs 22 000 speurders landwyd te veel vir die polisie om te hanteer. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, het tydens ʼn parlementêre debat gevra vir onmiddellike optrede om polisiestasies te heromskep as plekke van hoop, die samewerking van die gemeenskap te bevorder, en veiligheid en orde te herstel: