Veilige roete vir vlugtelinge broodnodig na ramp in Engelse KanaalSeptember 4, 2024

Die Vlugtelingeraad vra die Britse regering om meer veilige roetes vir asielsoekers oop te stel om die land binne te gaan. Dit volg nadat minstens 12 mense dood is toe hulle boot aan die Franse kus in die Engelse Kanaal gesink het. Meer as 60 is gered. Dis die dodelikste ramp vanjaar in die Kanaal. Die raad sê mense waag hul lewens uit desperaatheid om aan geweld en vervolging te ontsnap. Hy sê daarom moet daar doeltreffende en menslike maniere gevind word vir dié wat beskerming soek.