Tonnemaat in vangste daal in eerste kwartaalSeptember 4, 2024

Namibië se vis- en seekos-uitvoere het jaar-tot-jaar met 1,2 persent toegeneem tot 4,1 miljard Namibiese dollar in die eerste kwartaal van 2024. Die uitvoerwaardes het gegroei maar die totale vangste het gedaal met 16,7 persent. Daar is in die eerste kwartaal 97 077 metrieke ton ingebring, vergeleke met 116 471 ton in dieselfde tydperk verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama gesels.