SA se groei is ‘werklose’ groei – EFFSeptember 4, 2024

Die EFF sê die 0,4-persent ekonomiese groei in die tweede kwartaal vanjaar is niks om te vier nie omdat dit werklose groei is. Statistieke Suid-Afrika skryf die groei toe aan die finansiële sektor, handel en eiendom. Die EFF sê die gebiede waar werk geskep word soos landbou en die mynbedryf, het afgeneem. Die landbou-, bosbou- en visbedryf het met 2,1-persent verklein. Die party sê Suid-Afrikaners moenie mislei word deur sprake van ekonomiese groei terwyl hulle werkloos en arm is nie.