Reuse-olieramp dreig in Rooisee, 4 keer groter as Exxon ValdezSeptember 4, 2024

Bergingsmaatskappye onder die beskerming van militêre magte van die Europese Unie probeer een van die wêreld se grootste omgewingsrampe keer. Houthi-rebelle het twee weke gelede die Griekse tenkskip MV Sounion in die Rooisee gebombardeer, en verskeie brande woed nog op die hoofdek. Die vaartuig dra ongeveer ‘n miljoen vate ruolie. Volgens BBC sê die Amerikaanse Departement van Binnelandse Sake ‘n storting kan vier keer groter wees as die Exxon Valdez-ramp aan die kus van Alaska in 1989.