Polio-veldtog in Gaza vorder baie goedSeptember 4, 2024

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê net meer as 161 000 kinders onder die ouderdom van tien is sedert Sondag teen polio ingeënt. Israel en Hamas het ooreengekom op ‘n reeks gelokaliseerde opskortings van gevegte om gesondheidsorgwerkers toe te laat om die immuniserings te doen. Gaza se eerste bevestigde geval van polio in 25 jaar het verlede maand ‘n tien-maande-oue baba gedeeltelik verlam gelaat. Die mikpunt is om altesaam 640 000 kinders in te ent. Die heruitbreking van polio word blameer op die ontwrigting van kinder-inentingsprogramme, asook enorme skade aan water en sanitasiestelsels.