Netumbo spreek waterstofberaad toe, sê hulpbronne moet beskerm, benut wordSeptember 4, 2024
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die eerste uitgawe van die Wêreldwye Afrika-waterstofberaad wat in Windhoek aan die gang is, vanoggend toegespreek. Die fokus is om vennootskappe en kritieke finansiering te dryf om bankbare groenenergie-projekte regoor Afrika te vestig. Nandi-Ndaitwah sê die land se natuurlike hulpbronne moet tot die voordeel van landsburgers benut, en beskerm word.