McCullum vat witbal-afrigting ook oorSeptember 4, 2024
Engeland se toetsafrigter, Brendon McCullum, is van Januarie 2025 ook Engeland se witbal-hoofafrigter Hy vervang die Australiër, Matthew Mott, wat ná die T20-wêreldbeker uitgetree het. Marcus Trescothick is die witbalspan se tussentydse hoofafrigter vir die reekse teen Australië en die Karibiese Eilande later vanjaar. McCullum het ook sy kontrak tot die einde van 2027 verleng.