Kolisi dalk reg vir All Blacks na gesigbeseringSeptember 4, 2024

Rugby: Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, gaan dalk fiks wees om Saterdag die All Blacks in Kaapstad te pak nadat hy vandag weer begin oefen het. Hy het ‘n gesigbesering opgedoen in die naweek se Rugbykampioenskapswedstryd op Ellispark, maar die swelsel het glo aansienlik gesak en daar is ‘n kans dat hy ingesluit sal word wanneer afrigter Rassie Erasmus môre sy groep vir die wedstryd aankondig. Die vleuel Kurt-Lee Arendse moes die oefening op die pawiljoen dophou na harsingskudding en sal nie kan speel nie.