Afgetredenes se belasting is ‘misbruik’September 4, 2024

Die gewysigde inkomste belastingwetsontwerp word tans deur die Nasionale Raad oorweeg na dit parlement dit bespreek het. Die wetsontwerp bevat die wysigings aan inkomstebelasting wat teen Oktober behoort in te tree. Die raadslid vir die Rundu-landelike kiesafdeling Paulus Mbangu het gevra dat belastingverligting uitgebrei word na pensioenarisse en afgetredenes, met die argument dat dit onregverdig is vir individue om voort te gaan om belasting te betaal ná aftrede. Volgens Mbangu is die voortgesette belasting ‘n misbruik van oumense.