Handelskou op Ongwediva sluit môre afAugust 30, 2024
Die 23ste Ongwediva Jaarlikse Handelskou vind tans plaas en is die grootste skou in die land. Kosmos 94.1 Nuus het ‘n opdatering gekry van Loini Nghuulikwa, die sameroeper van die skou se bemarking- en publisiteitsubkomitee. Sy sê dat die skou tot dusver goed bygewoon word. Nghuulikwa verduidelik wat die skou vir die plaaslike gemeenskap en ekonomie beteken.