Vermeende bedrieër Johanna Coetzee vandag uitgelewer aan Namibië

Die voortvlugtige oud-finansiële bestuurder van Windhoek International School, Maria Johanna Coetzee, sal na agt vanaand op Hosea Kutako Internasionale Lughawe aankom nadat sy suksesvol uitgelewer is. Coetzee is op 24 Januarie 2018 in hegtenis geneem op 18 klagte van bedrog ter waarde van 3,3 miljoen Namibiese dollar wat sy na bewering by die skool gesteel het. Haar saak is in Julie 2020 van die hoërhof rol verwyder na sy na Suid-Afrika gevlug het. Sy is toe opgespoor in Pretoria en die proses het met Interpol begin.