Ehra spreek diepe kommer oor olifant-skietery uit

Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, is diep bekommerd oor die regering se besluit om 83 olifante te skiet vir die droogtehulp-program. Terwyl die regering sê geen woestyn-olifante sal deur die besluit geraak word nie, is daar verskeie troppe in die noordweste van die land wat oorvleuel en dus, is daar kommer dat van die troppe geraak kan word. Christin Winter, Ehra se programbestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.