Crooks het almal nagevors en toe op Trump besluit

Die skieter wat Donald Trump probeer vermoor het, het maande lank navorsing gedoen oor hom, saam met ander teikens soos Joe Biden, voordat hy besluit het om die Republikeinse presidentskandidaat te skiet. Die Amerikaanse FBI sê Thomas Crooks, 20, was betrokke by ‘n volgehoue gedetailleerde poging om ‘n aanval te beplan voordat hy uiteindelik gefokus het op Trump se saamtrek in Pennsilvanië. Maar, die buro erken dat hulle geen duidelikheid het oor die motief vir die mislukte sluipmoordaanval nie.