Stormreën laat dam in Oos-Soedan bars

Stygende vloedwaters het ‘n dam in Oos-Soedan laat bars, wat minstens 20 dorpe uitgewis het sê die Verenigde Nasies. Die hoeveelheid mense wat dood is, is nog nie bekend nie. Die Arbaat-dam, wat 40km noord van Port Soedan lê, het na stortreën ingegee en die streek verwoes. “Die gebied is onherkenbaar,” sê Omar Eissa Haroun, hoof van die waterowerheid in ‘n WhatsApp-boodskap aan personeel. Die elektrisiteit en waterpype is vernietig. Die huise van sowat 50 000 mense wes van die dam is deur die oorstromings geraak, volgens die VN. Die gebied oos van die dam is ontoeganklik. Die dam was die hoofbron van water vir Port Soedan, wat die land se hoofhawe en werkende lughawe in die Rooi See is en die meeste van die land se broodnodige hulplewerings ontvang.