Hoe nou, Fishrot-verhoor? Regter besluit

Fishrot-regter Moses Chinhengo sal vanoggend sy beslissing maak oor hoe die saak sal verloop. Dit kom na die beskuldigdes sonder regsverteenwoordiging, die staat en die ander regslui, opdrag gegee is om verslae teen Woensdag verlede week in te dien. Sommige beskuldigdes, soos oudminister Sacky Shangala meen hulle sal eers teen einde volgende jaar of vroeg in 2026 gereed wees vir die verhoor. Daar is ook weer ‘n nuwe aansoek om hom te verwyder as regter in die saak.