Druk op Ekwatoriaal-Guinee oor twee Suid-Afrikaanse aangehoudendes
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê hy is baie bekommerd oor die voortgesette aanhouding van twee Suid-Afrikaners in Ekwatoriaal-Guinee. Peter Huxham en Frik Potgieter is sedert Februarie verlede jaar in die tronk in die land, waar hulle vir die Nederlandse olie- en gasmaatskappy SBM Offshore gewerk het. Die departement sê Suid-Afrika se ambassadeur in Ekwatoriaal-Guinee, Nolufefe Dwabayo, het met die minister van Buitelandse Sake in Malabo vergader. Suid-Afrika gaan voort met pogings om die saak met die land se regering op te los.